Polisie lê beslag op wapens by Lonmin-koshuise

Argieffoto.

Die polisie van Noordwes het Dinsdag op verskeie handgemaakte wapens beslag gelê by twee van Lonmin Platinum se mynkoshuise.

“Die polisie het hoofsaaklik beslag gelê op wapens soos knopkieries, assegaaie en versterkte ysters,” het brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Dit was deel van ʼn poging om die omgewing wapenvry te maak om te verseker dat daar Vrydag ʼn vreedsame herdenking gaan wees.”

Die wapens het by die Wonderkop- en Karee-koshuise gevind.

Altesaam 34 mense, omtrent almal stakende werkers, is in Augustus 2012 dood ná ʼn skermutseling met die polisie weens onluste by die myn. Tien mense, waaronder twee polisebeamptes, is in die voorafgaande week dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Kan ons nie hier ‘n plan sien nie? Parkeer twee van hierdie groot vragmotors met hulle sleepwaens naby die plek van samekoms. Een vol sterk drank en een vol wapens. Los hulle onbewaak. Sit terug en geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.