Die provinsiale kommissaris, lt. Gen. Simon Mpende, het ʼn beloning van R500 000 uitgeloof vir inligting oor renosterstropery. “Ons het die samewerking nodig van elke persoon in die provinsie en land om die skuldiges aan die pen te laat ry en die slagting hok te slaan.” In 2011 is 74 renosters in Limpopo vir hulle horings doodgemaak. Verlede maand is minstens 10 renosters in die provinsie doodgemaak. Meer as 165 renosters is sedert 2008 in die provinsie vir hulle horings doodgemaak. Minstens 38 vermeende stropers is verhoorafwagtend.
Polisie loof reuse beloning uit oor renosterstropery
Die polisie in Limpopo het ʼn reuse beloning uitgeloof vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van renosterstropers.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.