Polisie maak wapenfonds in Pretoria

Die polisie in Gauteng het beslag gelê op talle vuurwapens en ammunisie by ʼn huis in Valhalla in Centurion.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. Kol. Tshisikhawe Ndou, sê ʼn totaal van 30 vuurwapens en honderde patrone is by die huis gevind. Die polisie het Maandag ʼn wenk van die publiek gekry voor hulle op die huis in Viking straat toegeslaan het. ‘n Persoon wat op die perseel gekry is, het verduidelik dat hy slegs ʼn kamer huur. Toe die polisie ander kamers in die huis deursoek het, het hulle beslag gelê op onder meer .303-gewere, 9mm-pistole, weermag en polisie uniforms en ammunisie. Die eienaar van die huis is tans in die buiteland. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rudie Thirion ·

Waar in Centurion is Wierdabrug?  Wierdabrug is ‘n Polisiestasie in Valhalla, Pretoria.  Vikingstraat is ‘n straat in Valhalla, Pretoria.  Wierdabrug Polisiestasie is op die hoek van Vikingstraat en Vindhellaweg.  ‘n Bietjie kontrolering van feite mag dalk help met akkurate beriggewing.

Anoniem ·

Ja nee, Rudie. Hierdie berig kom van ‘n nuusagentskap af. Dit smaak my hulle moet dalk bietjie aardrykskunde leer.

In die oorspronklike berig van die nuusagentskap word ook gesê dat Centurion “wes van Pretoria” is. Dit is hoogstens “suid-wes”, maar eerder sommer net “suid” van Pretoria.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.