Polisie-minister se lyfwag vas vir diefstal

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa. Foto: GCIS

ʼn Polisiesersant wat ook as ‘n lyfwag gedien het vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, is in hegtenis geneem nadat hy van hom gesteel het.

ʼn Woordvoerder van die ministerie van polisie, Zweli Mnisi, sê ʼn skootrekenaar en selfoon het Saterdag van die minister se huis vermis geraak hoewel daar nie by die huis ingebreek is nie. Die sersant is Maandag in hegtenis geneem nadat die gesteelde goedere teruggevind is. Nog twee mense is in hegtenis geneem wat glo die gesteelde goedere by die sersant gekoop het. Die drie mans sal na verwagting Woensdag in die Wynberg landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.