“Polisie moet gemeenskap teen stakers beskerm”

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum het Maandag ʼn versoek aan die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, lt-genl Mbombo, gerig om ʼn plan van aksie aan die Noordwes-gemeenskap te verskaf wat duidelik stipuleer hoe die SAPD gemeenskappe se veiligheid gaan verseker. Hierdie versoek volg ná die afgelope week se staking deur petroljoggies waarin verskeie voorvalle van geweld in veral Rustenburg aangemeld is en waar die polisie nie opgetree het nie.

Volgens AfriForum het vulstasie-eienaars gevalle aangemeld van werkers wat aangerand en selfs ontvoer is sonder enige ingryping van die SAPD. Eienaars het verskeie kere probeer om die polisie te skakel vir noodreaksie maar fone is nie geantwoord nie.

“AfriForum versoek dat lt-genl Mbombo aan die gemeenskap verduidelik wat die SAPD se mandaat is in die geval van so ʼn onwettige staking, veral met betrekking tot fisieke beskerming,” het Ian Cameron, AfriForum-organiseerder gesê.

Cameron het ook gesê dat dit ʼn tendens geword het dat stakers deur intimidasie en geweld die staking aan die gang hou.

“Dit is noodsaaklik dat die polisie wet en orde bly handhaaf en gemeenskappe teen hierdie kriminele elemente beskerm,” het Cameron bygevoeg. “Die res van die land kan nie deur hierdie soort wetteloosheid gyselaar gehou word nie.”

Raak betrokke by AfriForum! SMS jou dorp se naam na 31336 om aan te sluit. 50c/SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.