Meer as een miljoen strooitjies moet deur die polisie se forensiese-eenheid getoets word vir heroïne voordat ʼn verhoor teen 19 mans kan voortgaan, het die Pinetown-landdroshof Donderdag aangehoor.
Die mans is op 28 November verlede jaar in Gillits, ʼn spogbuurt van Durban, in hegtenis geneem. Die polisie het tydens ʼn klopjag op die huis wat glo as ʼn dwelmfabriek gebruik is, toegeslaan. Die polisie het beslag gelê op die strooitjies wat vermoedelik met heroïen gevul is, Mandrax-tablette, en heroïne in ʼn poeiervorm. Die dwelms het ʼn geskatte straatwaarde van R41 miljoen.
Staatsaanklaer Khumbu Shazi, het Donderdag in die hof uitstel in die saak gevra. Hy het aangevoer dat daar ʼn eenmalige monster van die heroïne-poeier geneem kon word, maar dat elk een van die 1,070,000 geseëlde strooitjies waarop beslag gelê is, oopgemaak en die inhoud getoets moet word.
Die regter het die aansoek toegestaan en die saak tot 8 Mei uitgestel. – SAPA
8 Mei 2014 is nie haalbaar nie. Dis gemene saak dat ons forensiese laboratoriums ‘n gewelddige werkslading/agterstand het en dat selfs al sou die saak tot 8 Mei 2015 uitgestel word, die forensiese ondersoeke nog nie afgehandel sal wees nie. Daar is binnekort weer 19 bykomende dwelmhandelaars op straat.