Polisie moet opdok na diabeet sy toon verloor

Die minister van die polisie moet R100 000 se skadevergoeding aan Pieter Findlay (53), ʼn diabeet van Pretoria, betaal nadat hy sy toon verloor het omdat hy vir twee dae in onhigiëniese toestande aangehou is.

Findlay, van Villieria, beweer die polisie het hom onregmatig in hegtenis geneem, berig The Citizen. Hy is ook toegang tot diabetes-medikasie geweier en was geforseer om kaalvoet in ʼn gemeenskaplike sel rond te loop nadat iemand sy skoene in die sel gesteel het. Die sel se vloer was boonop vol ontlasting en urine.

Findlay is vrygelaat nadat ʼn aanklaer bevind het daar was geen gronde om hom vir ʼn aanklag van diefstal aan te hou nie. Hy het kort daarna infeksie in sy regtervoet gekry en moes in die hospitaal opgeneem word vir 18 dae waartydens ʼn toon geamputeer moes word. ʼn Mediese verslag het aangedui dat die infeksie weens ontlasting veroorsaak is en dat sy hele been amper geamputeer moes word.

Die Noord Gautengse hooggeregshof het Woensdag beslis dat die minister van die polisie R100 000 se skadevergoeding aan Findlay moet uitbetaal. Findlay het aanvanklik R900 000 geëis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.