Waarnemende regter Piet Bezuidenhout en regter Rashid Vahed het Nathi Mthethwa, minister van polisie, beveel om die vrou R50 000 se skadevergoeding te betaal. Thulakele Ngubane beweer sy is met ʼn stok geslaan, geskop en gewurg terwyl sy in polisie-aanhouding was. Volgens Ngubane het die voorval plaasgevind toe sy deur die polisie ondervra is nadat daar in Oktober 2010 ʼn wapen in haar huis gevind is. Sy het drie dae later in die Msinga-landdroshof verskyn.
Polisie moet opdok na hulle vrou glo aanrand
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal het die minister van polisie beveel om skadevergoeding aan ʼn vrou te betaal nadat sy glo in polisie-aanhouding aangerand is.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Hoogtyd daar word behoorlik opgetree teen SAPD lede, die lede wat hulle soos barbare bedra het, is hulle steeds in diens van die SAPD?