Polisie moet R70 000 aan ‘dronk’ pastoor opdok

Die hooggeregshof in Pretoria het die polisie beveel om ʼn pastoor R70 000 te betaal ná hulle hom verkeerdelik vir dronk bestuur in hegtenis geneem het.
The Star het Vrydag berig die pastoor, Simon Makoetlane, was in November 2007 laat in die aand afgetrek en vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Die koerant berig hy was vir vyf ure in ʼn polisiesel toegesluit, selfs al drink en rook die Zion Christian Church-pastoor glad nie.
Die aanklagtes teen hom was ses maande later laat vaar na bloedtoetse wat die aand van die toneel geneem is, bewys het daar was geen alkohol in sy bloed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.