Polisie moet R90 000 opdok

ʼn Man wat 18 maande in die tronk moes spandeer na hy verkeerdelik in hegtenis geneem is, gaan R90 000 skadevergoeding kry.

The Star berig Eric Gosa van Mamelodi is op 1 Desember 2008 in hegtenis geneem na die polisie hom van kardiefstal verdink het.

Die polisie het in die hof erken hulle vermoede was slegs gegrond op die feit dat die voertuig se battery vermis was en dat Gosa teen die kar geleun en in daarin geloer het.

Gosa het oorspronklik R653 000 geëis. Regter Billy Mothle het uit die hooggeregshof in Pretoria egter net R90 000 toegestaan. Mothle erken dat Gosa verneder is toe hy verkeerdelik voor sy bure in hegtenis geneem is. Gosa het ook gedurende sy aanhouding sy werk verloor en sy vrou het hom verlaat.

Verlede week het Die hooggeregshof ook die polisie beveel om ʼn pastoor R70 000 te betaal ná hulle hom verkeerdelik vir dronk bestuur in hegtenis geneem het. Sien storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.