“Polisie net soos in apartheidsjare”

Die optrede van die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het grootliks onveranderd gebly sedert die apartheidsjare, het Zac Yacoob, ʼn voormalige regter van die konstitusionele hof, oor die naweek gesê.

“Ongelukkig wil dit nie voorkom of die polisie van vandag beter doen as die polisie van gister nie,” het Yacoob, met verwysing na die Marikana-tragedie, gesê.

Altesaam 44 mense is in Augustus verlede jaar dood toe daar onluste by Lonmin se Marikana-myn in Rustenburg uitgebreek het. Altesaam 34 mense, omtrent almal stakende werkers, is dood na ʼn skermutseling met die polisie op 16 Augustus. Tien mense, waaronder twee polisebeamptes, is in die voorafgaande week dood.

The New Age het Maandag berig oor Yacoob se uitlatings tydens ʼn herdenkingsgeleentheid van die Golela Nege in Chatsworth, Durban. Nege anti-apartheidsaktiviste, wat bekend staan as die Golela Nege, is in 1988 in Golela naby die grens van Swaziland in ʼn hinderlaag dood. Yacoob het die families van die slagoffers verteenwoordig toe hul dood ondersoek is.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

javr ·

Daar is ‘n HELSE verskil tussen apartheidsjare se polisie en hierdie gewettige BOEWE van vandag u edele! Asseblief moenie eerbare persone vergelyk met die skuim van vandag nie! En nee, ek is nie ‘n gewese polisieman nie.

Trippie ·

Staande applous vir jou JAVR ! Dis eintlik ‘n belediging van Zac Yacoob om die “2 magte” enigsins met mekaar te vergelyk.

Stoere Boer ·

Duidelik is hy of oningelig of het hy aaptwak ingekry. In apartheidsjare was die polisie gerespekteer en het hulle hul werk eerbaar gedoen. Vandag is daar ‘n handvol eerbare polisie en die res is deel van die kriminele samelewing. Daarby is hulle (Meerderheid) onbevoeg en lui en mors net staatsgeld met hul voertuie wat aangewend word vir privaat gebruik.

Wilhelm ·

Golela 9 was gewapende terroriste, nie klaende mynwerkers nie U Edele!

Mike ·

Tenminste was dit veilig oral toe die Nasionale Party in bewind was…

Gert Malan ·

GAAAAAAP! Hierdie aanhoudende geapartheid maak my vaak maar kan ek nie slaap nie dan wil ek kots en netnou versmoor ek. Jy kan die polisie van vandag nie vergelyk met die in die goeie dae nie want eerstens was daar behoorlike dissipline, tweedens was daar behoorlike bevelstrukture en derdens was die polisiemanne/vroue trots op hul werk gewees. Vandag word daar teveel gegis oor salarisverhogings en gekyk waar hulle kan omkoop en skelm wees. Gelukkig is daar nog die goeies wat trots is op wat hulle doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.