Polisie ondersoek brandstigting na man sterf

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat ‘n man in ‘n brand by sy huis in Lenasia, suid van Johannesburg, gesterf het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die brand het omstreeks 4:00 Sondagoggend uitgebreek. “Daar is bewerings dat ʼn petrolbom by die huis ingegooi is. Ons wag nog op die forensiese span om ʼn ondersoek te doen voor ons dit kan bevestig.” Vier ander mense is deur bure uit die huis gered.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.