Polisie ondersoek fietsryers se padwoede-aanval

fiets padwoede aanval kaapstadDie polisie het Maandagmiddag bevestig hulle ondersoek ʼn saak van aanranding en opsetlike saakbeskadiging nadat ʼn groep fietsryers glo Sondag ʼn motoris in ʼn gesinsbussie in Seepunt, Kaapstad aangerand het.

Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 20-jarige motoris het ʼn aanklag by die Seepunt-polisiestasie aanhangig gemaak. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Van Wyk gesê. “Enigiemand wat die voorval gesien het, van die fietsryers kan uitken en selfs nog beeldmateriaal het, word versoek om die Seepunt se speurtak by 021 430 3700 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.”

Maroela Media het Maandag berig ʼn motoris het ʼn skokkende video op YouTube gelaai wat wys hoe ʼn groep fietsryers Sondagoggend die motoris in Beachweg aangerand het.

Waarskuwing: Die video is gewelddadig van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

As “Mnr. Fris” gekyk het waar hy ry,sou hy betyds die stilstaande voertuig voor hom gesien het.

Kellies ·

As “Mnr. Bussie” nie in die pad stop nie maar in ‘n parkeerarea, dan sal dit ook nie gebeur nie. Maar daar is mos duisende wat dink hulle kan ry en stop soos hulle wil en nie reels volg nie.

Theresa ·

Jip – Almal is altyd verkeerd behalwe die idioot wat verkeerd is…………….

ai toggie ·

Mense, gaan lees die vorige nuus berigte seblief. Die ou wat ‘in die pad’ gestaan het’ was deel van n groep VRYWILLIGERS wat langs die pad help skoonmaak het. Die fietsryer het agter toe gekyk en toe amper in bussie vasgery. So nou wil jy sê dis reg om iemand aan te val oor hy ‘stop waar hy wou’? Volgens my was hy besig om te werk!?!? Ek dink die voorman op die fiets se ego was gekrenk oor hy amper in hom vasgery het! Ek stem jasper -Jy kyk mos voor jou as jy ry? So toe moes hy soos n jong olifant bul sy ore flap sodat die spanmaats kan sien wie is ‘baas’. So flippen ongeskik

Jasper ·

Ai toggie. Dankie.
Kellies. As jy dit deesdae op ons paaie waag met n fiets, moet jou oë nie in jou agterend sit nie. Maak nie saak wie wat doen nie. Juis daarom moet jy wakker wees op die pad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.