Polisie ondersoek gerugte dat voertuie misbruik word

Gautengse polisie is besig om klagtes te ondersoek dat polisievoertuie in Daveyton en Ekurhuleni misbruik word.

Gerugte doen die rondte dat polisievoertuie in die omgewing as afleweringsvoertuie gebruik word.

Die Daily Sun het Dinsdag ʼn foto van ʼn leser gepubliseer wat wys hoe goedere uit ʼn polisievoertuig gelaai word. Inwoners beweer dis ʼn algemene voorkoms en dat veral buitelandse winkeleienaars, polisievoertuie “huur” om aflewerings te doen.

Luitenant-kolonel Lungelo Dlamin, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê hulle ondersoek die aantygings. “Ons het geen ander feite as die inligting wat in die koerant verskyn het nie,” het hy Dinsdag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.