Polisie ondersoek moord ná tieners se baba sterf

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moord van ʼn maand oue babaseuntjie in Bredasdorp, het die Sunday Times berig.

Die baba se 15-jarige ma en 17-jarige pa voer aan hul seuntjie se afsterwe op 15 Desember was ʼn ongeluk.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die kind se nadoodse ondersoek bepaal het dat hy, ondanks die kopbesering, ook merke aan sy gesig gehad het. Die pa het aan die koerant gesê die baba het sy kop teen die muur gestamp toe hy saam met sy ma op die bed gelê het.

Paramedici wat na die toneel ontbied is, kon nie die kind bybring nie.

Die koerant kon nie die ma se kind opspoor vir kommentaar nie.

Die polisie het aan die koerant gesê toe hulle die aand van die afsterwe by die huis aangekom het, was verskeie mense by die huis onder die invloed van alkohol. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Bredasdorp was verlede jaar gereeld in die nuus nadat die 17-jarige Anene Booysen verkrag en vermink is. Sy het op 2 Februarie by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad gesterf. Haar aanvaller, Johannes Kana, is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die misdaad.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Justi ·

Ag nee! Nog n baba……nog n moontlike geval van kinder mishandeling. Dan is die mense nog dronk ook.

Mag sulke mense die ergste straf denkbaar opgele word.

Weerens n geval van kinders wat n kind het……………

steve ·

Wanneer so ‘n jong dogter ‘n baba het moet die pa outomaties van statutere verkragting aangekla word. As DNA bewys hy is die pa danmoet die ding tronk toe. Een of ander tyd sal die gespuis leer om hulle zips toe te hou of om kondome te gebruik.

Die arme kin het nie gevra vir die lewe nie en nou word die nog vermoor ook.

Ria Maritz ·

Hierdie twee niksnutte moet maar as volwassenes hul straf uitdien, gesien in die lig dat hulle ‘n daad wat eintlik bedoel is vir volwassenes, gedoen het.

Die feit dat hulle dit wel gedoen het, is ook ‘n bewys dat hul eweneens ONBEVOEG is, gesien in die lig van hul onderskeie ouderdomme, om ‘n kind op te voed en te versorg, terwyl hulle self nog kinders is.

Dis werklik skokkend hoe baba’s en jong kindertjies die afgelope 2 maande aan die hand van sogenaamde ouers, en familie verkrag en/of vermoor word.

liez ·

We’ll hier is weereens 2 kinders wat eintlik nog pop en karretjies moes speel wat met grootmens dinge doenig was en toe n baba gehad het. Aan hulle wil ek se – enige VROU (dogter in die geval) en enige MAN (seun in die geval) kan n mamma /pappa word maaaaaaar dis n yslike verantwoordelikheid en dit vat n leeftyd om 100% aan jou kinders te gee – hulle te beskerm- groot te maak- by te staan en OP te staan vir hulle. Hopelik hou boetie sy zip bo en sussie haar bene toe in die vervolg. Daai kleinding het nie gevra om verwek te word nie – maar daai lewetjie is bitterlik kort geknip.

Sanet van der Bank ·

Dit wys net weer wat alkohol doen. Waar is die ouers van daardie seun en dogter? Of het hulle maar net nie ongegee waarmee hulle kinders besig is nie. Dis waar wat liez sê. Daardie kinders moes nog gespeel het en hulle nie doenig gehou het met grootmens dinge nie. Daardie arme baba het nie gevra om daar te wees nie. En as hulle dan nie bevoeg was om na die baba te kyk nie (wat hulle duidelik nie was nie) hoekom nie die kind opgee vir aanneming nie. Daardie baba kon vandag nog gelewe het en by liefdevolle ouers groot geword het. Mag die ouers van die baba swaar gestraf word. En as die staat dit die kan doen nie……hulle sal eendag verantwoording aan God moet doen……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.