Polisie ondersoek nog moord op “bendelede”

Argieffoto

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mense wat van bendebedrywighede in Khutsong, wes van Johannesburg, beskuldig is nie.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie, die ondersoek duur voort,” het brig. Neville Malila, woordvoerder vir die polisie, gesê.

Ses mense, insluitend ʼn sangoma, is Sondag, vermoedelik deur inwoners, in Khutsong vermoor. Die moorde het plaasgevind nadat sowat 400 mans vergader het om bendebedrywighede in die gebied te bespreek.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Bendes skrik nie vir tronkstraf nie. Hulle opereer vanuit tronke en lede word selfs bevorder as hulle misdade pleeg en in die tronk beland.
Welgedaan Khutsong.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.