Meer as 20% van polisievoertuie in Gauteng was glo tydens die 2012/13 finansiële jaar in ongelukke betrokke, het Beeld Dinsdag berig.
Dié ongelukke het die provinsiale regering sowat R52 miljoen geko. Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het in ʼn geskrewe antwoord gesê dat 2 240 van die 11 147 polisievoertuie in padongelukke betrokke was en dat 375 beskadigde voertuie afgeskryf is.
Tydens dieselfde periode is drie polisievoertuie van R618 000 gesteel, alhoewel hulle later weer opgespoor is, het sy gesê.
-SAPA
Flerry Wixem het hul dalk ook nie wettige lisensies soos meeste polisielede. Dalk as hul gedeelte of al die skade moet betaal verminder ongelukke met rasse skrede solank belasting betaler opdok en hul skotvry daarvan afkom gaan hul n DONT CARE houding handhaaf teenoor maak van ongelukke. Dalk as hul weer my lisensie vra kan ek hul lisensie vra kan dalk n vrot kol oop maak