Polisie na Beyers Naudé-weg ontbied

Betogers by Beyers Naudé-weg. Foto: Roodepoort Northsider

Polisiebeamptes moes Woensdagoggend na Beyers Naudé-weg naby die Zandspruit informele nedersetting ontbied word nadat betogers van dié nedersetting begin het om voertuie met klippe stene te gooi. Dit is nie bekend waaroor die betoging gaan nie.

Die Johannesburgse metropolisie het motoriste gewaarsku om die gebied heeltemal te vermy. “Beyers Naudé is ontoeganklik vir verkeer. Dit word met klippe, stene en bande wat aan die brand gesteek is, versper. Motoriste moet eerder van Malibongwe-weg en Hendrik Potgieter-rylaan gebruik maak,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.