Polisie ontken verdagte het ontsnap

'n Foto van die toneel. Foto: @POWER987News

‘n Foto van die toneel. Foto: @POWER987News

Die polisie in Gauteng het Woensdag bewerings, dat ʼn man wat tydens ʼn skermutseling met die polisie in Killarney, Johannesburg, aangekeer maar toe ontsnap het, ontken.

“Ek is nie seker oor die bron van dié bewerings nie,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. Die New Age-koerant het Woensdag berig dat ʼn tweede verdagte aanvanklik deur die blitspatrollie aangekeer is, maar daarna ontsnap het.

“Wat hier gebeur het maak glad nie sin nie. Die man is weggeneem en nou hoor ons dat hy weggehardloop het,” het ʼn polisiebeampte glo op die toneel gesê.

ʼn Man is Dinsdag op die M1-Suid naby Killarney in Johannesburg geskiet ná ʼn jaagtog deur die polisie van Pretoria af. Die polisie het ʼn minibustaxi by ʼn taxistaanplek in Pretoria genader ná oproerigheid by die voertuig. Die voertuig het weggejaag. Polisiebeamptes het ekstra hulp en ʼn helikopter ontbied. In ʼn poging deur die helikopter om die taxi aan te keer, het die bestuurder in drie polisievoertuie vasgejaag. Insittendes het op die polisie losgebrand, en die polisie het teruggeskiet. Die taxi het uiteindelik by die Joe Slovo-afrit tot stilstand gekom en twee mans het uitgespring en probeer om weg te hardloop. “Die bestuurder van die voertuig is in sy bobeen geskiet, maar die passasier kon weghardloop,” het Dlamini Dinsdag gesê.

Die passasier was glo die man wat op die polisie losgebrand het. Die polisie het sy besonderhede en is steeds op soek na hom.

Die bestuurder van die taxi sal aangekla word van opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord. Hy is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Die man wat gevlug het kan moontlik verbind word aan ʼn reeks voorvalle van taxigeweld.

Lees ook:
Foto: JHB-skietery bring M1 tot stilstand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

” …. Pretoria genader ná oproerigheid by die voertuig” Nee kyk nou het ek alles gelees maar ek lê soos ek lag oor die polisie van Suid Aapland. Die musiek/oproerigheid by die taxi en dan word daar geskiet … intussen voor die geskiet moet hulp kom asook helikopter! WTF!!! Was die betrokke polisie oorgewig om nie alleen die mas op te kom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.