Polisie ontplooi vir Malema-saak

Malema tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie sal Dinsdagoggend in Polokwane in Limpopo ontplooi word wanneer Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, in die hof verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie sal by Landdros Maréstraat en Thabo Mbekistraat ontplooi wees. “Ons gaan genoegsame polisie ontplooi maar ons voorsien geen bedreiging nie.” Malema sal sy tweede verskyning maak op aanklag van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery. Die aanklagte hou verband met Malema se Ratanang-familietrust. Malema word daarvan beskuldig dat hy glo sowat R4 miljoen uit korrupte aktiwiteite gemaak het. Hy is uit op borgtog van R10 000. Vier van sy beweerde sakevennote sal saam met hom in die hof verskyn. Hulle is almal vroeër op borgtog van R40 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.