Polisie op die spoor van man wat op motorfiets met kleuter jaag

Foto: YouTube

Die Ekurhuleni-metropolisie het Donderdag bevestig ‘n man wat afgeneem is terwyl hy deur Johannesburg se strate jaag, se registrasienommer is opgespoor.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago het gesê weens die ondersoek wat in ʼn sensitiewe stadium is, kan hulle tans nie meer inligting bekend maak nie, buiten die feit dat hulle met die eienaar van die motorfiets in verbinding getree het.

Maroela Media het Dinsdag berig dat Johannesburgse inwoners geskok was om te sien hoe ʼn kleuter Sondag aan ʼn motorfietsryer vasklou vir haar lewe met slegs ʼn blou fietsvalhelm op, terwyl die motorfietsryer deur die stad se strate jaag. Die gebruiker Rad Bonos het Maandag ʼn video van die voorval op YouTube gelaai en dit het vinnig skokgolwe op sosiale netwerke veroorsaak. Die video was Donderdag reeds 97 000 keer gekyk.

Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert Malan ·

Mentaliteitlose gemors! Kyk na die angs op daardie kleinding se gesig! Hy sal seker maar weer net ‘n ou boetetjie kry. Waar was die ma? Hierdie ou is nie ‘n pa se gat werd nie. Ek sal nogal daarvan hou om sy ribbekas te breek.

Trippie ·

Heng Gert, ek self is lief vir spoed … maar daar is perke, veral ‘n persoon wat gesuip is hoort nie eers los hande op ‘n piepie-pot te sit nie.

Willy ·

Haha voordat ‘n gesuipte persoon so diep kan squat sal hy langs die koos lê want ou Bucchus ruk gewoonlik sulke ouens rond.

Trippie ·

So lief as wat ek vir motorfietse is, so graag wil ek hê hierdie persoon moet vervolg word ! Neem sommer sy motorlisensie ook weg.

DRINK EN BESTUUR = DOOD !

Arme klein meisietjie.

Willy ·

Hy is ook een wat weet hy is skuldig want hy het homself nog nie gaan oorgee nie. Versleg net sy eie saak. Vat die onverantwoordelike siel vas. Mag hy nooit weer op ‘n motorfiets klim nie.

Erich Goosen ·

Ek het nog altyd gese pas en mas behoort eers lisensies te he – kannie sonder meer ‘n ouer wees nie. Hierdie man se lisensie behoort permanent weggeneen te word.

Seg Net ·

Brandewyn laat mense onverantwoordelik optree. Wonder net wat gaan deur sy gedagtes indien hy die video gesien het? Wat het van die ivor vent geword sien hom nie meer op die forum nie? Was in elke val net beledigend teen oor ander.

Lawrance ·

1. Julle het nie nodig gehad om die registrasienommer op te spoor nie. Die person wat die video geneem het, het dit vir julle gegee.

2. Julle het reeds met die eienaar in verbinding getree. Moenie hom soengroet nie. Sluit die helsim toe.

3. So ver ek weet gaan jy ver soek na ‘n biker wat sy motorfiets uitleun.

Gerhard ·

Hy het blykbaar nie by ‘n rooi verkeerslig gestop nie. Het hy nie geweet brandewyn het nie brieke nie?

Seg Net ·

Gehard die slag as brandewyn se brieke vat stop hy alles, lang boompies toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.