Polisie op soek na bankrowers

Argieffoto

Die polisie is tans op soek na verskeie mans wat in die vroeë ure van Sondagoggend by ‘n Standardbank in Commissionerstraat in Boksburg ingebreek het.

Toe polisiebeamptes by die toneel opdaag, het die groep reeds gevlug, berig EWN. Die groep het waarskynlik toegang tot die bank bekom deur ‘n venster aan die voorkant te breek. Dit is nog nie duidelik of die verdagtes met enige geld weggekom het nie. Lungelo Dlamini, woordvoerder vir die polisie, het gesê die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.