Polisie op soek na Fourways-skieter

geweer4-320x1791Die polisie is op soek na ʼn man wat glo betrokke was by ʼn skietery buite ʼn kuierplek in Fourways, noord van Johannesburg, waarin een persoon dood en twee ander beseer is.

Kapt. Lydia Mtila-Dikoloma, woordvoerder van die polisie, sê die onbekende man het na die skietery gevlug. Mtila-Dikoloma sê twee mans het glo vroeg Sondagoggend buite die kuierplek, by die Fourways-winkelsentrum, in ʼn argument betrokke geraak. “Na die argument het een van die mans die winkelsentrum binnegegaan en toe hy weer uitgekom het, het die skietery begin. Drie mense is geskiet. ʼn 25-jarige man is in die hospitaal dood.” Mtila-Dikoloma sê die ander twee mans word steeds in die hospitaal behandel.

Maroela Media het intussen verneem dat die skietery in die parkeerplek buite Tiger Tiger plaasgevind het. Een van die kuierplek se veilighediswagte is glo een van die persone wat in die skietery gewond is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.