Polisie op soek na moordverdagte

Saps-ls10-320x224Die polisie is op soek na ʼn man van Johannesburg wat van moord aangekla word nadat hy Vrydag glo, terwyl hy borgtog was, gevlug het.

Phumlani Gumede (28) en twee medepligtiges is op 21 April vanjaar in hegtenis geneem nadat hulle ʼn 50-jarige man met ʼn baksteen aangeval en geskiet het. Die man is op die toneel dood en die drie mans het hom van sy beursie en selfoon beroof. Die slagoffer was glo op soek na sy dogter, wat in daardie stadium vermis was, toe hy aangeval is.

Gumede se medepligtiges is Vrydag skuldig bevind aan moord. Gumede het egter sy borgtogvoorwaardes verbreek en het nie by die hof opgedaag nie.

Die polisie vermoed dat hy homself moontlik in Gauteng of Empangeni in KwaZulu-Natal kan bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.