Polisie op soek na ontvoerde JHB-baba

ʼn Ses maandeoue baba is Dinsdag in Bezuidenhoutvallei in Johannesburg ontvoer en sy babaoppasser byna vermoor.

“Die polisie is op soek na ʼn Pakistani-egpaar wat ʼn kamer in die huis, waar die voorval plaasgevind het, gehuur het,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Johannesburg, gesê. “Die paartjie was glo huurders by die huis en het nog nie hul huurgeld vir Desember 2012 betaal nie. Hulle het vermoedelik die babaoppasser probeer vermoor deur haar keel met ʼn skerp voorwerp af te sny en die baba te vat.”

Die eienaar van die huis het die babaoppasser in ʼn kritieke toestand aangetref en haar na ʼn hospitaal geneem. “Vermoedelik is die paartjie met hul drie kinders steeds in Gauteng,” het Dlamini gesê. “Die vrou is ook glo swanger.”

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om met hulle in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.