Polisie op soek na sepie-aktrise

Die polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn plaaslike sepie-aktrise om hulle by te staan in ʼn bedrogsaak, het kapt. Stephen Thakeng, Dinsdag gesê.

Nomathemba Mokeretla, wat die rol van ʼn dokter in die sepie Muvhango vertolk, is as ʼn moontlike getuie deur ʼn slagoffer van bedrog uitgeken. Die slagoffer het glo in September 2011 R600 000 verloor.

“Die klaer het die aktrise op ʼn televisieprogram herken wat laat in Julie 2013 en aan die begin van Augustus 2013 uitgesaai is,” het Thakeng gesê. Hy kon nie verdere besonderhede verskaf nie.

Thakeng versoek enigiemand met inligting oor die aktrise om met die polisie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

javr ·

Wha ha ha ha, so onnosel om dan nog in ‘n sepie ook te wees nadat jy iemand uit geld belieg het. Intelligensie van ‘n bleddie klip. Ek word by die dag meer oortuig dat gorillas en ape uit hulle ge “evolve” het en nie andersom nie.

Maggie ·

Hoop hul kry haar, en laat geregtigheid seevier, as dit nog kan gebeur in NSA

Peter Bezuidenhout ·

Daar is nie medikasie vir “Dom…Geit” nie…niks…

Gert Malan ·

Dis nou die toppunt van onnoselheid! Maar sy moenie bekommerd wees nie, sy is klaar bekend en sodra sy skuldig bevind word gaan sy iewers ‘n top pos kry, heel moontlik iewers in die Staatsdiens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.