Polisie op soek na tref-en-trap verdagte

Saps-ls10-320x224Die polisie van die Oos-Kaap doen ʼn beroep op inwoners van Kenton-on-Sea om te help om ʼn vermeende tref-en-trap verdagte op te spoor nadat ʼn bejaarde vrou in die omgewing doodgery is.

“Ons versoek enigiemand wat moontlik die voorval gesien het om na vore te kom,” het lt. Luvuyo Mjekula, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Nontisi Sonanze (71) se liggaam is Maandagoggend langs die R72-pad naby Klipfontein aangetref. “ʼn Nadoodse ondersoek het bepaal dat sy weens veelvoudige inwendige beserings gesterf het, en dat ʼn voertuig haar moontlik raakgery het,” het Mjekula gesê.

Mense met inligting kan die polisie by 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.