Die polisie in Noordwes is op soek na vyf mans wat glo selfone en klere ter waarde van R150 000 gesteel het.
“Die vyf verdagtes het ʼn klerewinkel in Rustenburg betree en die winkelbestuurder met ʼn vuurwapen gedreig om die stoorkamer oop te sluit,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê.
Die diefstal het Dinsdag omstreeks 11:00 plaasgevind.
Makau sê die mans het glo 60 selfone gesteel.