Polisie op spoor van hoewe-moordenaars

Francois Potgieter (links). Foto: Facebook.

Die polisie is warm op die spoor van ʼn groep verdagtes wat Saterdagoggend vir Francois Potgieter tydens ʼn rooftog op sy hoewe buite Pretoria doodgeskiet het.

Maroela Media het vroeër berig Potgieter (59) is tydens die aanval doodgeskiet en sy dogter, Jacolien Stapelberg (30), en skoonseun, Ferdinand Stapelberg (33), is gewond. Hulle is in die vroeë oggendure deur vyf gewapende mans op hul hoewe in Mooiplaats in die Boschkop-omgewing, oos van Pretoria, aangeval. Lees meer hier.

Kapt. Marissa van der Merwe, ʼn polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê die polisie is warm op die spoor van die verdagtes. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar ons het baie goeie leidrade gevind en ondersoek. Ons behoort binnekort verdagtes vas te trek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.