Polisie op “toiletwaak” ná man diamant sluk

Argieffoto: Dominic Favre

ʼn Peperduur diamant is in die maag van ʼn vermeende dief ná hy dit Woensdag ingesluk het.

ʼn Chinese man het die diamant glo tydens ʼn internasionale diamantuitstalling in Sri Lanka ingesluk. Hy is in hegtenis geneem nadat die diamant se eienaar van die diefstal bewus geword het, berig Times Live.

Die verdagte het die diamant, met ʼn waarde van $14 000, geïnspekteer en dit skielik ingesluk. Die eienaar het die man aangehou totdat die polisie op die toneel gekom het. Die polisie het hom na ʼn hospitaal geneem waar hy lakseermiddels toegedien is in ʼn poging om die diamant terug te kry.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.