Polisie opgelei om verklarings af te neem

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het gewaarsku dat polisiebeamptes dissiplinêre optrede teen hulle kan verwag indien hulle nie akkurate verklarings afneem nie.

“Die tipe foute kan ʼn saak maak of breek. Ons sal nie met die lewens van ons burgers dobbel nie,” het Mthetwa geantwoord op ʼn parlementêre vraag. Mthethwa is gevra wat hy doen om te verseker dat verklarings wat deur polisiebeamptes afgeneem word, aan hofprosedures onderwerp sal kan word. Hy sê alle polisiebeamptes wat se verklarings deur ʼn hof verwerp word, sal ʼn mentor kry en opleiding ondergaan. Polisiebeamptes sal opgelei word in alle elemente van misdaad, van die beskrywing van getuies, verdagtes, misdaadtonele en om alle noodsaaklike inligting van die klaer te kry. Mthethwa sê die wyse waarop polisiebeamptes verklarings afneem het ʼn groot invloed op kriminele vervolgings. Hy sê vaardighede daarin is dus noodsaaklik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.