Polisie red “plesierpop” van verdrinking

Die polisie in Sjina se Shandong-provinsie het ‘n opblaaspop uit ‘n rivier gered, aangesien hulle onder die indruk was dat dit ‘n vrou kon wees.

Polisiebeamptes het reageer op ‘n oproep dat ‘n vrou besig is om in een van die provinsie se riviere te verdrink. Die 18 lede het bykans ‘n uur lank gespook om die vrou te red. Die reddingspoging het ‘n skare van sowat 1 000 mense gelok en dit het meer as 40 minute geduur voordat die beamptes besef het dit is ‘n opblaaspop.

Nadat hulle bevestig het dat dit wel iemand se plesierpop is, het die beamptes dit aan die skare getoon, wat hul kinders se oë toegedruk en weggestap het. Daar is nog nie ‘n verduideliking hoe dié pop in die rivier beland het nie, maar die Times of India berig dat Shandong glo bekend is vir sy uitvoere van soortgelyke speelgoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.