Polisie-reservis verkrag glo hawelose

ʼn Polisiereservis van Belville het Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag dat hy glo ʼn hawelose man verkrag het.

Die beampte is oor die naweek in hegtenis geneem, het EWN berig. Ondersoekbeamptes sê die hawelose man was Saterdag op soek na skuiling by die polisiestasie in Belville toe die reservis hom glo geboei en aangerand het. Moses Dlamini van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sê die ondersoek duur voort en die saak is tot 21 Junie vir ʼn formele borgaansoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.