Polisie se koeëlvaste-baadjies glo onbruikbaar

Die huidige vorm van die polisie se koeëlvaste baadjies is onbruikbaar en is moontlik lewensgevaarlik, het die Polisie en Tronke se Burgerregteunie (Popcru) Dinsdag in Limpopo gesê.

“Die opleiding wat die polisie tans ontvang is nie van die beste in die wêreld nie. Lede word nie met die nodige opleiding toegerus om gewelddadige misdade te hanteer nie en die koeëlvaste baadjies is nie gebruikersvriendelik nie,” het Khehla Masemola, Popcru se provinsiale voorsitter tydens ʼn beraad oor polisiemoorde gesê. Masemola sê daar is ʼn behoefte om die gehalte en ontwerp van koeëlvaste baadjies te hersien, aangesien beamptes dit nie aantrek nie vanweë die baadjies se grootte. Dit beteken dat beamptes gereeld in situasies beland waar hulle nie beskermende drag aan het nie. Hy sê Popcru-lede moet nie polisiekommissaris gen. Bheki Cele se slagspreuk “skiet om dood te skiet” onderskryf nie. Cornelius Roelofse, professor aan die Universiteit van Limpopo, sê meeste van die polisiebeamptes in Limpopo is dood toe hulle nie aan diens was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.