Polisie skiet drie rowers dood

Drie rowers is vroeg Maandagoggend in Soweto doodgeskiet ná ʼn skietgeveg met die polisie.

Volgens McIntosh Polela, die valke se woordvoerder, het die polisie ʼn wenk ontvang dat ʼn groep gewapende mans ʼn Cashbuild-winkel wou beroof.

Die polisie het die groep rowers ingewag. Van die rowers het op die polisie begin skiet waarop die polisie terug geskiet het. Drie van die rowers is op die toneel dood. Een van dié mans was ʼn moordverdagte wat op borgtog vrygelaat was. Een man is in die been geskiet en is tans in die hospitaal onder die polisie se toesig. Twee mans is in hegtenis geneem. Volgens Polela is die polisie steeds op soek na vier mans wat ontsnap het.

Die polisie het beslag gelê op ʼn voertuig en ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.