Polisie skiet glo betogende tiener

Die polisie het glo Maandag ʼn tienermeisie tydens ʼn betoging in Mpumalanga geskiet en gewond.

Sers. Gerald Sedibe, ʼn polisiewoordvoerder, het ʼn groep mense onwettig in Mayflower betoog toe die voorval plaasgevind het.

“Die 16-jarige meisie is vermoedelik deur polisie geskiet nadat hulle op die skare moes losbrand in ʼn poging om hulle te verjaag. Die betogers het die Mayflower Chief Albert Luthuli-munisipaliteit se kantore aan die brand gesteek,” het Sedibe gesê.

Die meisie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Meer besonderhede oor haar toestand is nie die stadium bekend nie.

Volgens Sediba gaan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) die voorval ondersoek.

Die gemeenskap het glo oor swak dienslewering betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.