Polisie skiet glo op betogers op pad na Uniegebou

Argieffoto

Argieffoto

Polisiebeamptes van Pretoria het glo Dinsdag met rubberkoeëls op betogers van die Mooiplaas-gemeenskap op pad na die Uniegebou geskiet.

“ʼn Skietery het naby die Uniegebou plaasgevind en sommige mense is beseer,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. Volgens Mofokeng is inligting nog skaars en sal die polisie later Dinsdagmiddag meer inligting oor die skietery hê en dan kommentaar lewer.

Mofokeng het reageer op ʼn verklaring van die Economic Freedom Fighters (EFF), waarvan Julius Malema die leier is. Die EFF in Gauteng het gesê hulle veroordeel die skietery op Mooiplaas-inwoners “wat vreedsaam voor die Uniegebou betoog het”.

Patrick Sindane, die party se woordvoerder, het gesê vier EFF-lede is in hegtenis geneem terwyl ander wat geskiet en gewond is, na nabygeleë hospitale geneem is.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.