ʼn Vermeende kaper is Maandag in ʼn skietvoorval met die Johannesburgse metropolisie geskiet.
“Twee beamptes op patrollie op die Golden Highway het ʼn radioboodskap ontvang dat ʼn Ford Figo in Rosettenville gekaap is,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê. “Die beamptes het die gekaapte motor op Columbineweg aangekeer.”
Twee mans in die motor het glo begin weghardloop en het op die beamptes losgebrand. “Die beamptes het teruggeskiet en een verdagte in die been en bors getref. Die ander verdagte het gevlug.”
Minnaar sê die gewonde man is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Lekker man, Lekker !!!