Polisie skiet op musikant

Khuli Chana

Khuli Chana

ʼn Saak van poging tot moord is teen die polisie aanhangig gemaak nadat hulle glo in die vroeë oggendure op ʼn bekroonde sanger in Midrand, Gauteng, geskiet en hom gewond het.

Khulan Morule, ook bekend as Khuli Chana, ʼn 31-jarige kletsrymer wat al verskeie toekennings vir sy musiek ontvang het, is deur beamptes van ʼn ongemerkte polisieminibus geskiet.

Khuli het by die Caltex-vulstasie in New Road stilgehou om koffie te kry voor ʼn vertoning. Hy het die vulstasie verlaat en verby die ongemerkte minibus gery, toe daar onverwags op hom geskiet is.

Volgens Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, wou die beamptes Khuli se voertuig voorkeer, maar hy het nie gestop nie. “Beamptes wat by die afrit gestaan het, het in die pad getaan en wou die voertuig van die pad af trek. Die voertuig het nie gestop nie en twee waarskuwingskote is gevuur,” het Malila gesê.

Refiloe Ramogase, Khuli se agent, het gesê die koeëls het gelukkig slegs sy voertuig se sitplekke getref, maar dat skrapnel hom in die rug en vinger getref het. Hy sê die polisie het Khuli glo vir ʼn misdadiger aangesien. “Daar het glo vroeër ʼn ontvoering plaasgevind en die ontvoerder se voertuig het min of meer soos Khuli sʼn gelyk,” het Ramogase gesê.

Khuli sterk aan. Die saak word deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan Kruger ·

Mooi man…. min of meer? Selfde maak ander kleur? Selfde kleur ander maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.