Polisie skiet oproerige drinkers

Argieffoto

Argieffot

Twee mans is oor die naweek in Bloemfontein geskiet nadat hulle in ʼn kroeg oproerig geraak en glo polisiebeamptes aangeval het.

Annelie Wrensch, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het aan OFM gesê die polisie is Saterdagaand na ʼn kuierplek in die Phase 5 informele nedersetting ontbied nadat die klante oproerig geraak het. “Vier verdagtes het na bewering die polisie met pangas aangeval, toe hulle die geveg wou opbreek,” het Wrensch gesê.

Die polisie het twee van die vier verdagtes in die maag geskiet. Hulle is onder polisiebewaking na die hospitaal geneem. Die ander twee verdagtes is in hegtenis geneem en behoort binnekort in die hof te verskyn op aanklagte van poging tot moord.

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirek­toraat (Opod) ondersoek sake van poging tot moord teen die betrokke polisiebeamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

vuurvreter ·

Hahaha kyk die foto. Dit lyk nie vir my na mense wat in n nedersetting bly nie. Of kort ek brille vandag. Waar is Trippie vandag?

Dinknet ·

Nee man Vuurvreter….. Daar staan dan mooi onder dis n argieffoto wat gebruik is…..

Trippie ·

Vuurtjie, ek’s hier – en ek sien DinkNet hou by haar woord om ons te “join” hehe !

***

Jasper ·

n Maagskoot kan meer eina as n kopskoot wees en is eintlik vir renosterstropers bedoel.

Jasper ·

Mens moet seker baie eensaam wees om so op forums rond te snuffel vir mense wat jy kan kritiseer oor hul kommentaar. Eers gedog dis n Tokkelok wat nie sy 1ste jaar kon voltooi nie en toe maar n maatskaplike rigting in geslaan het. Self het ek al goed raak gelees wat my nie aanstaan nie. So what. Ek glo op forums gaan dit eerder oor menings verskille waaroor daar geredeneer kan word.

vuurvreter ·

Ek wwet dink net maar het hulle dan nie argief fotos van hulle by die smokkel huise nie? Nee wat hulle kan die een maar oplos want dan sien n mens darem n persoon.

Dinknet ·

Dit was darem in ligter luim bedoel….. Siende jy self die brille wou afstof. Jammer as ek tone getrap het,ek wou nie. Dit was glad nie krities bedoel,eerder tong in die kies! Maar met hierdie getikkery kan mens mos hoeka nie emosies bysit,daarom mis mens dit baiekeer…….

vuurvreter ·

Ek wwet dink net maar het hulle dan nie argief fotos van hulle by die smokkel huise nie? Nee wat hulle kan die een maar oplos want dan sien n mens darem n persoon. Nie n donker kol nie.

Dinknet ·

Nee wat,dit kan jy mos by die Departement van Gesondheid gaan soek! O ja, los maar,hul soek dit self!!!

vuurvreter ·

Helo Trip janee dink net. Daai woorde soek en jy sal viind bestaan nie in hulle taal nie net steel en roof en moor ens.

Dinknet ·

Hul sal vra hoekom moet hul dit nou soek,dit is mos nou klaar weg……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.