Polisie skiet rower dood na winkelroof

Die polisie het ‘n rower doodgeskiet nadat hy en twee medepligtiges Saterdagaand ʼn winkel in Waverley, Pretoria beroof en die eienaars aangerand het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die rowers het met kontant en selfone gevlug. “Die rowers het in ʼn Volkswagen Golf gevlug. Die polisie het hulle agterna gesit. Die rowers het op die polisie losgebrand waarna die polisie teruggeskiet en een van die rowers gewond het. Hy het later aan sy beserings beswyk.” Dlamini sê een van die rowers is in hegtenis geneem terwyl die derde een steeds soek is. Die polisie het op drie vuurwapens sowel as die gesteelde goedere beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.