Polisie-sleep: Verdagte sing en dans oor borgtog

‘n Polisiebeampte wat daarvan aangekla word dat hy ‘n man langs sy voertuig gesleep het, is deur die Mmabatho-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Sersant Mbali Phetha het sy hande in die lug opgegooi toe landdros Seth Mmushi hom Woensdag R1 000 borg toegestaan het, berig Beeld. Hy word van poging tot moord aangekla. Die Staat het nie borg teengestaan nie. Hy het glo buite die hof gesing en gedans nadat hy op borg vrygelaat is, terwyl ondersteuners plakkate rondgeswaai het waarop hulle sy onskuld verklaar.

Die hof het gehoor dat Phetha binne stapafstand van sy vermeende slagoffer, Morgan Mohlala, ‘n tolk vir die hof, gebly het.

Bonisile Koliya, ‘n senior ondersoeker by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Woensdag getuig dat Phetha en ‘n ander beampte op 7 Maart na ‘n snoepie in Setlopo naby Mmabatho ontbied is nadat ‘n jong man en die winkeleienaar in ‘n argument betrokke geraak het. Die man het teenoor Mohlala, wat daar naby was, gekla dat die polisie hom geteister het. Mohlala het hom toe versoek om na sy huis te kom sodat hy aan die jeugdige kan verduidelik hoe om ‘n klag teen die beamptes te lê. Phetha, wat in die polisievangwa gesit het, het dit gehoor en Mohlala glo aan die nek gegryp en hom sowat 100m ver gesleep terwyl hy bestuur het. “Hy het langs die vangwa gehardloop, maar het geval toe Phetha versnel het. Die voertuig het oor sy voete gery,” het Koliya aan die hof gesê.

Phetha moet op 2 Mei weer in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn.

Hy is geskors tot ‘n interne ondersoek afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Suid-Afrika kan die beste demokratiese grondwet hê, waarby menseregte ingesluit is, maar solank die Afrikane nie ontslae raak van hul barbaarse kultuur van geen ontsag vir mens en wet en nie bereid is om deur middel van opvoeding, opleiding en die aankweek van beter waardes hulself op te hef tot ‘n beter standaard van leefstyl nie, sal hul afkeurenswaardige optrede nooit verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.