Polisie soek dié man na moord op gayklub-eienaar

Bruno Bronn se liggaam word uit sy huis in Groepunt verwyder. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die polisie in Kaapstad is op soek na ʼn 36-jarige man wat hulle moontlik kan bystaan in hulle ondersoek na die moord op die eienaar van ʼn bekende gayklub in Kaapstad.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê die polisie is op soek na John Frederick Coetzee (36) wat hulle moontlik kan bystaan in hulle ondersoek na die moord op Bruno Bronn (49). Bronn is Dinsdagoggend dood gevind in sy huis in Groenpunt. Hy het op sy rug gelê en sy hande is voor hom vasgemaak. Hy het merke op sy nek gehad. Volgens berigte is Bronn die afgelope paar maande gedreig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.