Polisie soek glo ook Krejcir se seun

Nadezda die ma van Radovan Krejcir, Vrydag in die hof voor Krejcir se vrou in hegtenis geneem is. Foto: SAPA

Nadezda die ma van Radovan Krejcir, Vrydag in die hof voor Krejcir se vrou in hegtenis geneem is. Foto: SAPA

Die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg het Vrydag gehoor dat die polisie ook op soek is na die Radovan Krejcir se seun. Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova, is Vrydag by dieselfde hof in hegtenis geneem.

Krejcirova was by die hof om haar man in sy derde aansoek om borgtog te ondersteun. Haar inhegtenisneming het hofverrigtinge vertraag. Krejcir het aan die hof gesê sy prokureurs het hom meegedeel van sy vrou se inhegtenisname en dat die polisie nou op soek is na sy seun, Dennis (21). Dit is nog nie bekend waarvoor Dennis gesoek word nie.

“Krejcirova word aangehou in verband met ʼn beweerde gesteelde motor wat by die egpaar se Vaal-eiendom opgespoor is,” het Piet du Plessis, Krejcir se prokureur, gesê. Du Plessis het die inhegtenisname as “kwaadwillig” beskryf. Sy is deur vier swaargewapende polisiebeamptes van die hof se perseel af begelei.

Krejcir voer aan as sy borgtog nie toegestaan word nie, daar niemand sal wees om na hul vierjarige seun om te sien nie. Sy vrou gaan eers Maandag in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog. Slegs Krejcir se bejaarde ma het ná Krejcirova se inhegtenisname hom in die hof ondersteun.

Radovan Krejcir Vrydag in die hof. Foto: Sapa

Radovan Krejcir Vrydag in die hof. Foto: Sapa

Volgens Krejcir is sy ma nie geskik om na hul vierjarige seun om te sien nie, aangesien sy nie Engels kan praat nie. Sy het glo onlangs ʼn hartaanval gehad en ook haar rug beseer.

Staatsaanklaer Louis Mashian het uitgewys dat Krejcir in ʼn vorige verklaring aan die hof gesê het dat hy huishulpe, veiligheidswagte en ʼn kok by sy huis het.

Krejcir is in November op aanklag van ontvoering en poging tot moord in hegtenis geneem.

Hy staan saam met Siboniso Miya, Desai Luphondo en ao. Samuel Modise Maropeng, George Jeff Nthoroane en Ian Jan Mofokeng tereg op aanklagte van ontvoering en poging tot moord. Hulle het glo in Junie 2013 die broer van ʼn man, wat met 25kg tik verdwyn het, ontvoer en aangerand. Die man, slegs bekend as “Doctor”, sou hulle glo help om die dwelms uit die land te smokkel. Die mans word daarvan verdink dat die hulle die man by Krejcir se Money Point-besigheid in Bedfordview in Johannesburg vir vier dae lank aangehou en hom aangerand het. – SAPA

Lees ook:
Krejcir se vrou in hegtenis geneem
Krejcir se borgaansoek uitgestel
Radovan Krejcir weer in hof 
Krejcir en kie in die hof
Krejcir-saak hervat
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.