Polisie soek inligting oor Happy se moord

Happy Sindane

Die polisie van Mpumalanga versoek die publiek vir enige inligting oor Happy Sindane se moord.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die polisie het nog geen verdere inligting nie. Sindane is Maandag dood aangetref in Tweefontein, Mpumalanga. “Wanneer ons die verdagte in hegtenis neem, kan ons die motief uitvind,” het hy gesê.

Die wil voorkom of Sindane gestenig is, maar die polisie het nog geen ander inligting of getuies nie. Klik hier om meer te lees.

Hlathi het gesê wenke oor die moord kan aangemeld word by kapt. Vusi Mahlangu (082 318 9894) of skakel Crime Stop by 08600 10111.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.