Die polisie in Noordwes is op soek na ʼn man wat Saterdag ʼn 7-jarige meisie verkrag het.
Kapt. Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die verkragting het in Phunong in Ganyesa Village plaasgevind.
“Die kind is deur ʼn onbekende man verkrag terwyl sy alleen in ʼn parkie naby haar huis gespeel het,” het Funani gesê.
Die kind se ouma het opgemerk dat die kind sukkel om te loop. Sy is na ʼn hospitaal geneem waar daar bevind is dat sy verkrag is.
ʼn Saak is Sondag aanhangig gemaak, maar niemand is nog teen Dinsdag in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.