Polisie soek nog na kapers

Foto: Youtube

Foto: Youtube

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping van ʼn familievoertuig waarvan kringtelevisiebeeldmateriaal op YouTube beland het nie.

Sers. Obakeng Mabaso het Maandag gesê die polisie is op soek na vier gewapende mans in verband met die voorval wat Saterdag op die hoek van Commissioner- en Crownstraat in die Johannesburgse middestad plaasgevind het. Sien die voorval hier (Waarskuwing: Die video mag sensitiewe lesers ontstel).

Volgens Mabaso is twee selfone en R10 000 kontant tydens die kaping gesteel. Mense met meer inligting oor waar die verdagtes hul mag bevind, kan die polisie by 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Waterberg Stereo 104,9 fm ·

Dit raak nou regtig n sirkus hoe dit deesdae in hierdie sogenaamde nuwe Suid Afrika gaan dit is maar net n bewys dat ons Regering het nie meer `n oplossing vir hierdie krimmenele nie hulle kan nie meer wet en orde handhaaf nie, Daarom maak hulle net wat hulle wil, dankie vir die Vorige Regering vir die wonderlike onderhandelinge om julle sogenaamde Nuwe Suid Afrika voor te stel en dat daar nou nie meer plek is vir enige oordentlike Suid Afrikaners in hulle eie land nie, Wat nog gese van mense wat hierdie land wil kom besoek of enige moontlike beleggings wat oorsee se mense nog wil maak is hierdie Video seker die mooiste beeld wat nog na buite uitgestuur kan word en glo my ek dink die wereld het hierdie Videos reeds ge-sien weldone guys you make Make South Africa really proud.!!!!!!!

ryno ·

Bring die doodstraf trug dat die krimenele almal op n streep kan vrek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.