Polisie soek steeds na lyke in dam

Polisieduikers sal Vrydag weer na die liggame van twee mans begin soek, wat vermoedelik in 'n dam naby Katlehong verdink het. Foto: nsri.org.za

ʼn Soektog na die liggame van twee mans, wat vermoedelik in ʼn dam naby die Mandela-informele nedersetting in Katlehong verdrink het, sal Vrydag voortgaan.

Kaptein Mega Ndobe, ʼn woordvoerder vir die Gauteng-polisie, sê die mans was tussen ʼn groep inwoners wat skrootmetaal herwin. Die skrootmetaal word in die dam gestort. Drie mans het in die dam geval en net een kon gered word.

Die polisieduikers moes hulle soektog aflas nadat die skrootmetaal in die dam dit te gevaarlik gemaak het om te swem. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.