Polisie soek steeds na vermiste pediater

Dr. Louis Heyns

Die Kaapstadse polisie het hul soektog verskerp na dr. Louis Heyns (59), ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en pediater by die Tygerberg-hospitaal, wat sedert Woensdagaand vermis word.

Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê daar is nog nie nuwe verwikkelinge in die saak nie en die ondersoek duur voort. “Ons het inligting oor sy voertuig aan verskeie polisiestasies gestuur en hulle versoek om op die uitkyk daarvoor te wees. Ons versoek ook die publiek om betrokke te raak by die soektog,” het Van Wyk gesê.

Maroela Media het Vrydag berig Heyns is Woensdag omstreeks 20:30 vir die laaste keer gesien nadat hy sy ouer broer in Somerset-Wes gaan besoek het. Heyns het onderweg na sy huis in Welgelegen, sowat 40 minute se ry vanaf Somerset-Wes af, vermis geraak.

Enigiemand wat sy voertuig, ʼn donkergrys Peugeot 308 met die registrasienommer CY121038, gewaar of weet waar hy hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, Hannes Niemandt, te skakel by 076 410 2500 of 021 850 1325. Mense kan ook Stop Misdaad bel by 08600 10111.

Lees ook:
Kaapse pediater steeds vermis
Kaapse pediater vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Berita Drescher ·

My gebede is met geliefdes dat hy lewend gevind word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.