Die polisie is op soek na Louis Jonker (31) wat drie weke gelede in Bloemfontein vermis geraak het. Volgens die polisie het hy in die Omega Shelter vir haweloses gebly. Hy het drie weke gelede die skuiling verlaat en nooit weer teruggekeer nie. Sy moeder woon in Wolmaransstad.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom mag bevind, word versoek om kaptein Madito te skakel by 082 373 9470 of die Wolmaransstad-speurdiens by 018 596 9412.